Verklaring van Geloof
1.
Ons glo dat alle mense volgens die beeld van God geskep is. Hierdie beeld word egter verbreek as gevolg van die mens se sondige opstand, en elke persoon is sondig voor God. Dit is die wil van God dat alle mense, deur geloof in Jesus Christus, verlossing moet ontvang.
2.
Ons glo dat Jesus Christus die Hoof van die Bediening is wat uit wedergebore gelowiges bestaan en deur die Heilige Gees gevorm word. Die Bediening is verantwoordelik vir die verkondiging van die evangelisasie asook die uitbeeliding deur uitlewing van God se wil.
3.
Ons glo daar is net een verheerlikte God wat geopenbaar word in drie Heilige onderskeidings:
Ons glo dat die Bybel die ware en enigste onfeilbare Woord van God is, bestaande uit die Ou en Nuwe Testament in hul oorspronklike taal, geskryf deur mense wat ten volle deur die Heilige Gees geïnspireer was. Ons glo dat dit outoritief die Wil van God verklaar en ons aanvaar dat dit die hoogste en finale gesag is in alle sake van onderwysing, geloof en die lewe.
5.
Ons glo in die twee sakramente wat deur die Here Jesus Christus ingestel is:
Ons glo in die Vyfvoudige-Bediening soos dit in Efésiërs 4:11, 12 verklaar word:
Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Onderwysers.
7.
Ons glo in die manifestasie van die Geskenke van die Heilige Gees (1 Korintiërs 12: 4-11):
- Gawes van Openbaring (Woord van Wysheid, Woord van Kennis en Onderskeiding van Geeste),
- Geskenk van Gesag (Geskenk van Geloof, Geskenk van Genesing en doen van Wonderwerke),
- Geskenke van Uitdrukking (Praat in Tale, Interpretasie van Tale en Profesie).
8.
Ons glo dat alle ware Christene moet lewe dat al die Vrugte van die Heilige Gees in so ‘n persoon se lewe sigbaar is in ooreenstemming met (Galasiërs 5:22, 23):
Liefde, Vreugde, Vrede, Geduld, Vriendelikheid, Goedheid, Geloof, Sagmoedigheid, Selfbeheersing.
9.
Ons glo in die heiligmakende krag van die Heilige Gees deur wie se inwoning die Christen in staat is om 'n lewe van geregtigheid en ware heiligheid te leef. Die doop van die Heilige Gees met die aanvanklike getuienis om in tale te praat soos aan alle gelowiges belowe, soos die Gees hulle uitdrukking gee.
10.
Ons glo dat die Kerk die liggaam van Christus is en dat die nuwe geboorte deur die emersiedoop sowel as persoonlike belydenis van Christus, noodsaaklik is vir lidmaatskap van die plaaslike bediening. Elke gelowige wat deur Jesus Christus verlos is en deur die Heilige Gees herstel word, is deel van daardie liggaam.
11.
Ons glo dat 'n mens net van die sonde gereinig kan word deur bekering tot God en geloof in die dood en opstanding van Christus op Golgota.
12.
Ons glo dat die mens net geregverdig en gered word deur genade en geloof alleen en nie deur enige menslike werke nie.
13.
Ons glo dat diegene wat Jesus Christus as Here en Verlosser deur geloof ontvang, deur die Heilige Gees wedergebore word en kinders en erfgename van God word. Die Nuwe Geboorte is absoluut noodsaaklik vir persoonlike verlossing en die ewige lewe.
14.
Ons glo in die Oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewendes en die dooies sal oordeel. Ons glo in die opstanding, in die ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die verlorenes. Ons glo in die nuwe hemel en die nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer.
15.
Ons glo dat Jesus Christus op die tydstip wat God aangestel het, fisies sal terugkeer om sy Kerk, beide lewend en dood, tydens die Wegraping te kom haal, en dat Hy na die Groot Verdrukking sal terugkeer om as Koning van Konings op aarde te dien.
16.
Ons glo dat die Hemel bestaan, dat daar engele is, en dat daar 'n Satan is, gevalle engele en demone is wat in die poel van vuur gegooi sal word, wat die hel is, saam met diegene wat Christus verwerp na die oordeel van God.
17.
Ons glo dat ons moet poog om alle lede te bemagtig om dienende leiers te word ooreenkomstig hul geestelike gawes en volgens die Bybelse standaarde sonder enige vorm van diskriminasie.
18.
Ons glo in 'n profetiese bediening, getrou aan ons Pinkster-erfenis. Ons sal saam deel en opbou soos wat van ‘n Charismatiese gemeenskap verwag word, alles tot eer en bevordering van God se Naam, totdat Hy weer terug keer aarde toe.

- God die Ewige Vader, Skepper van hemel en aarde, Drie-eenheidsonderhouder en Heerser.
- Jesus Christus, die enigste Seun van God die Vader, wat uit die hemel neergedaal het en vlees geword het ter wille van die mensdom en hulle redding; wat deur die Heilige Gees maagdelik gebore is, wat op aarde gewandel het en later gekruisig is, wat gesterf het en begrawe is en wat ná drie dae uit die dood opgestaan het en later opgevaar het na die hemel waar Hy nou sit aan die regterhand van God die Vader, waar Hy as Hoëpriester en Bemiddelaar optree vir ons geloof.
- Die Heilige Gees, deel van die Heilige Drie-Eenheid, wat as Trooster en Leier in geregtigheid die Kerk in die volle waarheid lei.
Ons glo dat die Bybel die ware en enigste onfeilbare Woord van God is, bestaande uit die Ou en Nuwe Testament in hul oorspronklike taal, geskryf deur mense wat ten volle deur die Heilige Gees geïnspireer was. Ons glo dat dit outoritief die Wil van God verklaar en ons aanvaar dat dit die hoogste en finale gesag is in alle sake van onderwysing, geloof en die lewe.
5.
Ons glo in die twee sakramente wat deur die Here Jesus Christus ingestel is:
- Die gelowige se doop - deur onderdompeling in water as 'n openbare getuie en belydenis van geloof en identifikasie met Christus wat verklaar dat ons deur die doop saam met Jesus sterf het en saam met Hom opgewek word in ‘n nuwe lewe om saam met Hom, en
- Die Nagmaal - die deelname in die breek van die brood en die drink van die vrug van die wingerdstok, wat Christus se gebreekte ligaam en Sy gestorte bloed aan die kruis simboliseer, ter herinnering aan sy lyding en dood en 'n profesie van sy wederkoms deur alle gelowiges totdat Hy kom.