Ons Visie
Ons visie is om ‘n bediening daar te skep wat toeganklik is vir alle mense en waar elke persoon die geleentheid kan kry om bemagtig te kan word deur opleiding, ondersteuning en die leiding van die Heilige Gees, sodat ons disipels van alle mense kan maak deur ‘n onwankelbare geloof in God, die Evangelie van God deur God se ware Woord te verkondiging.
Sinapi Seed Ministries is 'n nie-winsgewende bediening wat streef om ons mandaat soos vervat in die Groot Kommissie - Mattheus 28: 18-20 - te vervul op ‘n daaglikse basis, deur getroue en gelowige dienaars te wees - Matteus 17:20 – in die gebruik van Godgesentreerde uitreike, preke, opleiding, seminare of enige ander metode wat God aan ons openbaar om te gebruik.
Ons visie kom uit ons begrip van wat die soewereine Goddelike doel vir ons is soos uiteengesit in:
Matteus 28:18-20 (NLV)
“18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.””
Matteus 17:20 (NLV)
“20 “Julle geloof was nie sterk genoeg nie,” was Jesus se antwoord. “Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie.””
Addisionele skrif rakende ons Visie:
Markus 16:15-19 (NLV)
“15 Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. 16 Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word. 17 Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat. 18 Hulle sal slange ongedeerd kan hanteer en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle nie affekteer nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word.”
19 Nadat die Here Jesus klaar met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy op die ereplek aan God se regterhand gaan sit.”
Handelinge 1:8 (NLV)
“8 Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel
– in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”